23 April 2009
Liewe Vriende
Francois Stramrood is in die Herberg Kinderhuis vir die afgelope 8 jaar. Hierdie seun het diep in ons harte gekruip omdat hy oor en oor bewys het dat hy graag bo sy omstandighede wil uitstyg en 'n sukses van sy lewe wil maak. Ons wil graag hierdie seun help.
Francois is nou in matriek en wil baie graag verder gaan studeer. Hy wil B-Comm Bestuurswetenskap gaan studeer. Francois presteer baie goed op skool en op sportgebied en is ook gekies op die leerlingraad. APL Cartons op Worcester is bereid om 'n deel van sy studie onkoste te betaal vir die volgende 3 jaar. Ons het egter u hulp nodig om ons te help om die res van die fondse in te samel vir hierdie seun. Ons benodig ongeveer nog R3 000 per maand.
U kan deur R10 maandeliks te skenk (debietorder) dit vir hierdie seun moontlik maak om 'n sukses van sy lewe te maak. Ons verwerk self die inligting. Voltooi asb die vorm aangeheg en faks 023 626 3268 of e-pos rek@herberg.co.za. (vir aandag Petro) Elkeen se klein bydrae kan die verskil in hierdie seun se lewe maak. Kom ons wag nie vir die volgende persoon om hierdie verskil te maak nie maar doen dit self.
Dankie vir die verskil wat u gaan maak.
Bankbesonderhede vir direkte inbetalings:
Absa
Robertson
Takkode 334713
Rek nr: 12 00 39 0004
Naam: Die Herberg Kinderhuis
GEBRUIK ASB VERWYSING STUDIEFONDS
KINDERHUISGROETE
Petro Uren

A program of Badisa. A joint ministry of the DR Church (Western and Southern Cape) and URCSA ( Cape ).
A Registered Non-Profit seeking Organization (Registration Number: 011-891)