
It has been almost a year since our last BEEEG Charity drive to die Herberg in Robertson where we endeavour to assist abused and abandoned children with toiletries, toys, treats and much needed necessities. One day to show that WE care and want to make a concerted effort in the lives of the young -and future leaders of South Africa. An effort in the life of a abused and abandoned child.
Last year YOU were kind enough to assist in making a difference in the lives of these less fortunate children and we are very grateful for your support.
We have started planning for the event this year and a date has been set. The event will take place on Sunday the 10th October 2010 and we are expecting HUGE numbers of bikers and their families. Last year we had 400 registrations and despite the pouring rain; we had almost 300 motorcycles, 38 cars and even several pedestrians from Robertson attending the event. It was broadcast on SABC TV (click here to watch video clip) and coverage from several radio stations were received. We had bikers from all over the Western Cape showing their support.
This year we are starting very early with the arrangements and want to get at least 1 000 motorcycles to attend the event. We are again going to approach the SABC for coverage but will also be inviting the other broadcasters, the daily -and local news papers and all the motorcycle magazines to cover the event so the exposure will be phenomenal!
We are again appealing to our kind sponsors to assist us with the event and to make the life of a child happy – even if it is just for one day. Any donation or sponsorship – no matter how small is appreciated and put to good use.
Herewith a very humble appeal. If your are able to assist us this year, kindly get into contact with us as soon as possible. We will again – if you so require – issue tax certificates for your donation/s so that you can get the tax benefit. We will also include your logo on all communication and make an even bigger effort to advertise YOUR brand.
We look forward to your kind support in 2010 and the smiling faces of our kiddies when they see all the goods.
Please feel free to contact me should you have any other questions or queries.
Donovan Marais
staffie@staffie.co.za
Twaalf van ons inwoners het die skool verlaat. Danksy verskeie individue en gemeentes se bydraes kon ons hierdie leerders uitrus en spesiaal laat voel. Daar is ook paslik afskeid geneem van hulle tydens 'n aandafsluitingsgeleentheid wat in die kinderhuis gehou is, waar die Beheerraad sowel personeel gaste was.
Ons het hierdie jaar 6 skoolverlaters (4 dogters en 2 seuns) en 10 leerders (7 dogters en 3 seuns) vir Belydenisaflegging.
Indien iemand bereid is om bydrae te lewer kontak asb vir Petro by 023 626 3140 of rek@herberg.co.za
Kersvader het vir ons kinders op verskillende maniere kom besoek gedurende die Kersseisoen. Hy het op 'n muilwa gekom (in baie warm weer) en ook met 'n valskerm gespring vanuit 'n vliegtuig. Die kinders was dankbaar vir elke pakkie wat hulle ontvang het en het ure spandeer om elke pakkie van voor tot agter uit te pak en te bewonder. DANKIE VIR ELKEEN SE VERSKIL WAT HUL GEMAAK HET!
Elke jaar is daar 'n groep kinders wat nie ander heenkome het gedurende vakansies nie. Hierdie kinders is afhanklik van instansies of individue om die Desember vakansie en Kerstyd ook vir hulle aangenaam te maak. 'n Groep kinders is getrakteer vir 'n week lange vakansie by Harkerville Forest Lodge deur Bennett van Rensburg, waar verskeie uitstappies gereel is, onder andere na die Elephant Sanctuary. Verskeie ander mense het hulle harte oop gemaak en lekker vakansies en uitstappies vir die kinders gereel. Lees meer hieroor in ons nuusbrief wat afgelaai kan word van ons tuisblad.
Daar is groot verlange by hierdie kinders om veral Kerstyd by 'n gesin deur te bring. Indien u wil betrokke raak as vakansie ouer vir een van hierdie kinders, kontak asb een van die maatskaplike werkers van die kinderhuis, Carisa Siemens of Malinda Coetzee by 023 626 3140.
Soos elke jaar is dit 'n hoogtepunt op ons kalender. Ongeveer 200 mense het die aand bygewoon. Verskeie toesprake is gelewer en ons gaskunstenaars van die aand was Kenny Pritchard, Wynand en Cheree. Ons dekor van die aand is geborg deur Multi Styl van McGregor en die blommerangskikkings is gedoen deur Flowers @ Work.
Die kinderhuis het vir die eerste keer 'n prysuitdeling gehou vir ons leerders. Die rede vir die prysuitdeling is ook om erkenning te gee aan ons kinders en om hulle aan te moedig om te presteer. Daar was pryse vir beste kok, netheid, mooiste maniere ens. Die gesiggies het gestraal as hulle 'n prys ontvang het. Mnr Andries de Jong, 'n oud inwoner van die kinderhuis, het opgetree as spreker.
Die Herberg Kinderhuis Tienerklub het in September 2009 ontstaan. Die ledetal is tans 20. Die ouderdomme wissel van 13 tot 18. Die doel van die projek is om opvoedkundige en ontwikkelingsgerigte aktiwiteite aan te bied vir hierdie tieners. Die tieners se ingesteldheid is tot die tienerklub is baie positief en hulle neem entoesiasties deel aan die programme.
Daar word gepoog om benewens die basiese versorging, ook die kinders se musiektalent te stimuleer, sodat hulle potensiaal ten beste ontwikkel kan word, indien fondse dit toelaat. Dit word vir ons moontlik gemaak deur 'n vrywilliger, mev. Susan Odendaal van Swellendam, wat tans besig is om van die kinders te onderrig in die speel van 'n penniefluit. Goeie vordering is deur van die leerlinge gemaak sedert die aanvang van diè projek.
Op 18 Junie het die personeel as 'n spanboupoging, 'n potjiekos kompetisie gehou. Die dag het gesellig verloop en die uiteindelike wenners was die lede van die "Pink Ladies".
Danksy die ruimhartigheid van individue en Sanlam Reality, kon die kinders die sirkus besoek en ook 'n koeldrank tydens pouse geniet. Hulle het elke oomblik daarvan geniet. Vir die eerste keer in die meeste se lewens, kon 'n kameel in lewende lywe gesien word. Ongelukkig het almal nie besef dat die diere nog steeds as wilde diere geklassifiseer word nie, soos u uit die foto sal kan aflei. Geen ernstige beserings is darem opgedoen nie.
Tydens die winterskoolvakansie het die Robertson Vryburgers 'n projek geloods waartydens hulle elke dag sop en brood aan behoeftige kinders in die Robertson- gemeenskap uitgedeel het. Hierdie kinders baat tydens die skoolkwartaal by die skoolvoedingskemas. Baie van hierdie kinders se ouers is seisoenwerkers wat gedurende die wintermaande werkloos is. Die kinderhuis was daagliks behulpsaam met die kook van die sop. Robertson Spar het daagliks 110 brode voorsien. 'n Duisend kinders het op hierdie wyse 'n maaltyd ontvang, vir sommiges dalk die enigste maaltyd die betrokke dag.
NGK-Robertson Moedergemeente het in samewerking met Rietvallei Wynkelder, 'n optrede met Emo Adams as gaskunstenaar, gereël. Hy het ten bate van Die Herberg Kinderhuis opgetree. Emo het ook die kinderhuis besoek en tyd afgestaan om die kinders beter te leer ken.

A program of Badisa. A joint ministry of the DR Church (Western and Southern Cape) and URCSA ( Cape ).
A Registered Non-Profit seeking Organization (Registration Number: 011-891)